Eybers: immigrant

Immigrant

Niks as my hande en voete het ek hier, / die res het met die oortoog soek geraak: / die katswink hart, die prikkelbare klier, / wat moet mens bowendien met hulle maak?

Om wat verlore is te vergelyk / met die omringende, om klank en lig / te gryp sonder te luister of te kyk / het ek tog nog sintuie aan my gesig.

Ook aan my bors en buikruimte gewaar / ek dat daar vroeër wel iets anders was. / Wie het geweet dat leegte ooit so swaar / sou word en onbelemmerd so ’n las?

eybers, geheugenvannederlandbron foto: geheugenvannederland.nl

Elisabeth Eybers (1915-2007, Zuid-Afrikaans)

Uit: Versamelde gedichte, Querido & Van Oorschot Amsterdam, 1990

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit /  Bijwerken )

Google photo

Je reageert onder je Google account. Log uit /  Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit /  Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit /  Bijwerken )

Verbinden met %s